![]() | KONTAK ONStel: (012) 361-1712faks: (012) 361-1108 Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. |
|
Ons bied seminare oor nuwe wetgewing en regspraak
waaraan besighede moet voeldoen |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
Teikengroep: Prokureurs, advokate, ouditeure, rekenmeesters, finansiële- en regsadviseurs, eienaars, direkteure, aandeelhouers en bestuurders van besighede, konsessiehouers en -nemers (franchisers and franchisees). Handelsmerk: Die Sentrum vir Regsvoldoening is ‘n nuwe handelsmerk en ‘n susterentiteit van die Sentrum vir Aktepraktyk. Dit deel dieselfde waardes en resep wat van die Sentrum vir Aktepraktyk vir meer as 18 jaar standhoudend ‘n betroubare handelsmerk onder prokureurs en ander regslui in Suid-Afrika gemaak het. Ons onderskryf die volgende woorde van Mnr Johann Rupert: |
Kwaliteit notas: Die mees onderskeidende kenmerk van ons seminare en is die gehalte notas wat voorsien word. Die seminaarganger ontvang ‘n omvattende stel notas wat na afloop van ‘n seminaar ook as praktiese en nuttige naslaanbron gebruik kan word. Waarom voortgesette opleiding? Verskeie wette en regulasies het gedurende die afgelope aantal maande op die wetboek verskyn wat ‘n wesentlike impak het op hoe besigheid in Suid-Afrika bedryf moet word. Ons seminare het ten doel om besighede toe te rus om aan die vereistes van nuwe wetgewing en regulasies te voldoen |
||||||||||||||||

